0
TråkigtOKBraGrymtStrålande!
Loading...
Die Boekklub

Die Boekklub

Tom Niemandt (gespeel deur Armand Aucamp) erf onverwags sy ouma se gastehuis op Merweville in die Groot Karoo. Hy word verplig om vir ’n jaar lank daar te bly en raak teen sy sin ’n lid van sy ouma se boekklub. Dié boekklub is ’n interessante groep mense saam. Daar is Anna, sy ouma se beste vriendin en kruiedokter; die vriendelike boer, Herman, wat ewe goed skaapskeer en orrel speel; Hanli, die stralend gelukkige plomp plaasvrou wat vir elke geleentheid bak en tog so trots is op haar kinders; Gerwin is ’n juffrou by die laerskool en het pas vir haar ’n huis gekoop. Sy wil met alle mag die mense en veral die kinders in die distrik help; Gert, die slagter, sit half eenkant. Hy is ’n wewenaar wat hou van draf. Sofia is ook uiteraard deel van die klub en dan is daar natuurlik Lillie – die misterieuse meisie met die vlymskerp tong wat Tom in die veld ontmoet het. Voordat Tom kan keer, word hy ingetrek in die dag-tot-dag gebeure en intriges van die klein dorpie en vind hy ’n onwaarskynlike tuiste tussen die boekklublede. Saam met hulle begin hy ’n reis van self-ontdekking en word hy onherroeplik verander. Dis nie net Tom wat geraak word deur sy aankoms in die dorpie nie, maar ook die mense om hom en saam met Tom borduur hulle verder aan die laslappiekombers wat ons die lewe noem. So met alles saam word die kronkelpad wat Tom gedink het hy op verdwaal, uiteindelik die lewenspad wat hy veronderstel is om te loop. Die Boekklub is ’n 13-episode dramareeks geskryf deur Louis Pretorius (medeskrywer van Vallei van Sluiers en Die Boland Moorde) met Quentin Krog (Ballade vir ’n Enkeling en Sterlopers) as die regisseur. Die rolverdeling sluit in Armand Aucamp, Jana Cilliers, June van Mersch, Christia Visser, Nicole Holm, Paul du Toit, Lee-Ann van Rooi, Arno Marais, Marcel van Heerden, Anrich Herbst en Louw Venter. Elke episode word losweg gekoppel aan ’n boek met ’n tikkie magiese realisme en spoke vir ekstra avontuur. Die verlede, hede en toekoms word alles vervleg om aan die reeks ’n unieke vertelstyl te gee. Uiteindelik is Die Boekklub ’n verhaal oor mense se alledaagse bestaan met gelyke dele humor en tragedie.

Visningar: 249

Genre: Okategoriserade

Skapare:

Skådespelare: , ,

TV Status: Återkommande serie

Längd: - min

Utgivningsår:

TMDb: 0%

Land:

Nätverk: